EU word van handelversperring beskuldig
Die Koolstofgrens-aanpassingsmeganisme van die Europese Unie veroorsaak ontsteltenis in ontwikkelende lande, insluitend Suid-Afrika. Die aanpassing teiken yster, staal, kunsmis, aluminium, sement en elektrisiteit. Kritici is van mening hierdie aanpassing dien as ‘n handelsversperring en verhinder die vermoë van ontwikkelende lande om te ontkool. Met Afrika se afhanklikheid van uitvoere na die Europese Unie kan die aanpassing ‘n noemenswaardige invloed op uitvoere hê, wat uitvoere moontlik kan verminder en die bruto binnelandse produk raak. Voorstanders vra vir billiker maatreëls en toenemende steun vir volhoubare ontwikkeling.