EU vra vir vrede in Azerbeidjan

Die Europese Unie doen ‘n beroep dat vyandighede en die huidige militêre aktiwiteite in Azerbeidjan onmiddellik gestaak word. Azerbeidjan het begin met teenterrorisme-operasies in dele van sy Nagorno-Karabakh-streek wat onder etnies Armeense beheer is. Ses mense waaronder vier polisielede is gisteroggend in twee noodlottige landmynontploffings dood. Azerbeidjan en Armenië het drie jaar gelede laas teen mekaar oorlog gemaak. Die EU sê hierdie toename in militêre optrede moenie as dekmantel gebruik word om die plaaslike bevolking uit die gebied te verjaag nie.