EU verwyder twee Russe van sanksielys

Die Europese Geregshof het twee Russiese sakelui verwyder van die EU-sanksieslys. Hy sê die redes waarom hulle op die lys is, is nie goed gesubstansieer nie. Die miljardêrs Mikhail Fridman en Petr Aven is aan sanksies onderwerp na Moskou se inval in Oekraïne in Februarie 2022. Hulle fondse en bronne is bevries. Die hof het bevind hoewel die twee mans noue bande het met die Russiese president Vladimir Putin, is daar nie bewys hulle steun Moskou se optrede of beleid teen Oekraïne nie.