EU verleng verblyfreg van Oekraïnse vlugtelinge

Die Europese Unie het aan Oekraïniërs die reg om in die gebied aan te bly met nog ‘n jaar verleng tot Maart 2026, terwyl die oorlog in hulle tuisland voortwoed. Daar is ongeveer 4,2-miljoen Oekraïnse vlugtelinge regoor die EU met die meeste in Duitsland, Pole en die Tsjeggiese Republiek. Die 27 lande van die Europese Unie het aan Oekraïniërs die reg om aan te bly toegestaan slegs weke na Moskou in Februarie 2022 met sy inval begin het. Die reëling sou op 4 Maart volgende jaar verval het.