EU vat meederheid van Namibiese beesvleis

Beesvleis-uitvoere het in die eerste helfte van die jaar 11 miljoen kilogram bereik, baie meer as die 6,5 miljoen kilogram in dieselfde periode verlede jaar. Die EU het die grootste deel, 4,4 miljoen kilogram of 40,4 persent van die uitvoere ontvang. Die Verenigde Koninkryk het tweede gekom met amper 2,6 miljoen kilogram en Suid-Afrika derde met 2,3 miljoen kilogram. Noorweë het 1,3 miljoen kilogram ontvang terwyl China, die VSA en Angola het saam amper 265 000 kilogram ontvang.