EU stel sanksies teen Soedan-leiers in

Die Europese Unie het sanksies teen ses mense in Soedan ingestel oor die oorlog tussen die Soedanese weermag en die paramilitêre Rapid Support Forces, RSF. Die lys sluit in ‘n generaal van die RSF in Wes-Darfoer, wat volgens die EU-raad verantwoordelik is vir die aanhitsing van etnies gemotiveerde moorde, seksuele geweld en die plundering en afbrand van gemeenskappe. In die Soedanese weermag teiken sanksies die direkteur van Verdedigingsbedryfstelsels en die bevelvoerder van die lugmag vir onoordeelkundige lugbomaanvalle op digbevolkte woongebiede. Die voormalige buitelandse sake minister Ali Ahmed Karti Mohamed word ook gelys. Hulle is nou onderhewig aan ‘n batebevriesing en ‘n reisverbod in die Europese Unie.