EU stel maatreëls vir afval-beheer bekend

Nuwe regulasies tree vandag in werking om te verseker die Europese Unie neem groter verantwoordelikheid vir sy afval. Die nuwe Afvalvervoerregulasie bepaal strenger reëls vir die uitvoer van afval na lande wat nie aan die EU behoort nie. Die uitvoere het sedert 2004 met 72-persent toegeneem, wat verlede jaar op 35-miljoen-ton per jaar te staan gekom het. Die nuwe regulasies maak ook voorsiening vir groter afskrikkingstrafmaatreëls vir misdadigers wat by onwettige afvalhandel betrokke is.