EU stel belasting op Chinese E-voertuie in

Die Europese Unie het bykomende voorwaardelike belasting van tot 38-persent ingestel op Chinese elektriese voertuig-invoere weens staatsubsidies, ondanks Beijing se waarskuwing die stap kan ‘n handelsoorlog ontketen. ‘n Europese Kommissie-ondersoek het besluit staatsubsidies vir Chinese EV-vervaardigers benadeel Europese mededingers. Brussel wil hulle beskerm terwyl hulle oorskakel van termiese na elektriese krag. Die Chinese Kamer van Koophandel in die EU verwerp die tariewe as “polities-gemotiveerd” en “beskermingsgesind”, maar hoop die geskil kan bygelê word deur dialoog.