EU soek ook ‘n tweestaat -oplossing

Die Europese Unie se Beleidshoof vir Buitelandse Sake, Josep Borrell, dring aan op ‘n tweestaat-oplossing in die Israel-Palestina-konflik. Hy sê Israel se plan om die Palestynse groep Hamas in Gaza te vernietig werk nie. Borrell het voor samesprekings met Israeliese en Palestynse topdiplomate, gesê Israel kan nie slegs deur militêre middele vrede bou nie. Die EU se 27 ministers van Buitelandse Sake hou afsonderlike vergaderings met hul eweknieë van Israel, die Palestynse Owerheid en sleutel Arabiese state in Brussel, België, terwyl die geweld in die Gaza-strook voortduur.