EU skuif Franse se kaas
Franse kaasmakers is ontstoke oor die Europese Unie se voorstel om van 2030 camembert in plastiek te verpak. Die EU sal binnekort stem oor die voorstel dat alle voedselverpakking binne die volgende sewe jaar herwinbaar moet wees. Dit sal ‘n uitwerking hê op camembert se tradisionele ronde houtverpakking. Kaasmakers sê plastiek sal die kaas verhit en die produk mettertyd verander. Hulle sê dit is ‘n kwessie van nasionale trots. Meer as 2 000 poste en 45 ondernemings sal geraak word indien die houtverpakking vervang word.