EU sit handjie by met gryslys

Die Europese Unie het ‘n pasgemaakte opleidingswerkswinkel begin vir Namibiese amptenare in beheer van finansiële intelligensie-ontleding, ondersoeke en vervolging van geldwassery en terreurfinansiering, asook die opsporing en herwinning van die opbrengste van misdaad. Die werkswinkel is in samewerking met die Finansiële Intelligensiesentrum georganiseer. Ná Namibië op die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys geplaas is in Februarie vanjaar, het amptenare die EU-afvaardiging in Windhoek genader vir bystand. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die EU-ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins…