EU se ontwouding-regulasies ‘nie rede tot kommer’
Die nuwe regulasies van die EU oor ontwouding het omtrent ‘n ophef veroorsaak. Die regulasies raak onder meer vleis, huide en houtskool en kan ‘n groot impak hê op plaaslike landbou-uitvoere na Europa. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Michael Degé, die bestuurder van die Namibia Charcoal Association. Degé sê Namibiërs het niks om oor bekommerd te wees nie.