EU se nuwe regulasies rakende woude kan landbou-uitvoere raak

Daar is kommer oor die nuwe regulasies in die EU rakende ontwouding. Dit kan ‘n wesenlike impak op landbou-uitvoere na Europa hê. Vanaf einde Desember vanjaar en 30 Junie volgende jaar, vir mikro-besighede mag geen produkte die EU binnegaan as hulle nie ontwouding-vry is nie. Ontwouding-vry beteken produkte wat gevoer is of vervaardig is met kommoditeite wat op grond geproduseer is wat van woud na landbou-grond verander is, mensgemaak of nie. ‘n Woud, volgens die EU se definisie is grond van meer as ‘n halwe hektaar wat bome het wat hoër is as vyf meter en skaduwee van meer as 10 persent het.