EU rentekoerse ook op

Die Europese Sentrale Bank het sleutel-rentekoerse vir die Eurosone tot die hoogste vlak ooit verhoog. Die styging, van 3,75 tot 4 persent is die tiende agtereenvolgende verhoging, maar die bank sê dit kan vir nou  eers die laaste wees. Hy sê sy beheerraad is van mening die koerse het vlakke bereik wat ‘n wesenlike bydrae sal lewer om betyds tot die inflasieteiken terug te keer. Inflasie vir hierdie jaar word op ‘n gemiddeld van 5,6 persent geraam, maar die bank verwag dit sal volgende jaar tot nagenoeg 2,9 persent daal.