EU ondersteun Tunisië se landbousektor

Die Europese Unie en die Italiaanse Agentskap vir Ontwikkeling-samewerking het ‘n vennootskap met die Wêreld-voedselprogram aangegaan om ‘n projek vir ‘n nuwe ondersteunings-meganisme vir Tunisië se landbousektor in te stel. Die projek van 918 miljoen Namibiese dollar sal poog om Tunisië se voedselsekerheid te verbeter. ‘n Deel van die befondsing, 372 miljoen dollar, sal gebruik word om klein produsente te help om die styging in produksiekoste te hanteer en om hul verbouings-tegnieke by klimaatsverandering aan te pas. Die projek sal ook help om bewusmaking te skep oor die belangrikheid van die vermindering van voedselvermorsing en die verbetering van voedselsekerheid.