EU moet Oekraïne bystaan

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky is op ‘n blitsbesoek aan EU-leiers na hy van Washington teruggekeer het. Hy vra bystand vir sy stryd teen Rusland en het 800 miljoen Amerikaanse dollar reeds by Pole bekom. Leiers van die EU kom vandag in Brussel byeen en die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen sê Europa moet bystand bied.