EU kondig nuwe sanksies teen Iran aan

Die Europese Unie het nuwe sanksies teen Iran aangekondig oor sy voortgesette steun aan Rusland se oorlog in Oekraine. Die sanksies is teen vaartuie en hawens wat Irans-vervaardigde onbemande hommeltuie, missiele en verwante tegnologie en onderdele vervoer. Beperkingsmaatreëls is ook ingestel teen een persoon en vier instellings ná Iran se oordrag van missiele en hommeltuie aan Rusland. Amerika het meer as 600 sanksies ingestel teen instellings wat bande met Iran het, sedert president Joe Biden meer as drie jaar gelede aan bewind gekom het.