EU kom kuier, nuwe aksieplan ter waarde van miljoene word bekend gemaak

Namibië sal vandeesweek deur twee Europese Unie-kommissarisse besoek word wat die viering van 33 jaar van die EU-Namibiese vennootskap sal herdenk. Hulle sal môre die EU-Namibiese Jaarlikse Aksieplan 2022 ter waarde van 437 miljoen Namibiese dollar bekendstel. Die Europese Kommissaris vir Internasionale Vennootskappe Jutta Urpilainen, en Kommissaris vir Interne Markte, Thierry Breton, sal Namibië môre en oormôre besoek. Die adjunk-ambassadeur vir die EU na Namibië, Gosia Lachut sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die doelwit en program van die kommissarisse se besoek is.