EU keur 13de pakket sanksies teen Rusland goed

Die Europese Kommissie het die goedkeuring verwelkom van ‘n 13de pakket sanksies teen Rusland deur die lede van die Europese Unie. Die sanksies sluit die verbod in op 200 bykomende instellings en persone wat daarvan beskuldig word dat hulle betrokke was by die inval in Oekraïne. Die fokus is op entiteite en individue wat deel is van Rusland se militêr-industriële groep, en diegene wat by die handel in en ontvoering van Oekraïnse kinders betrek word. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê hulle moet voortgaan om die Russiese president Vladimir Putin se oorlogsmasjien te verswak.