EU hak steeds oor sitrus-invoere vanuit SA

Die sitrusbedryf in die buurland doen ‘n beroep op die regering om dringend in te gryp en seker te maak lemoene word steeds na die Europese Unie uitgevoer. Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika het aan die handelsminister, Ibrahim Patel, geskryf om te vra dat hy ‘n paneel aanstel om die kwessie te bespreek. Die uitvoerende hoof, Justin Chadwick, het gewaarsku die Suid-Afrikaanse ekonomie loop gevaar om miljoene aan inkomste te verloor