EU gee 7de hulppakket aan Oekraïne

Die Europese Unie het nog militêre hulp ter waarde van meer as 9,33 miljard Namibiese dollar aan Oekraïne goedgekeur. Dit is die sewende sodanige hulppakket. Die pakket is goedgekeur saam met ‘n verdere 840 miljoen dollar vir nie-dodelike toerusting. Die EU se 27 ministers van Buitelandse Sake het in Brussel vergader om die hulp goed te keur. Oekraïnse amptenare het ‘n beroep op hul Westerse bondgenote gedoen om hulle van meer militêre hulp te voorsien. Intussen sê Rusland se ministerie van Verdediging sy magte het hul posisies in Oekraïne se suidelike streek Zaporizhzhia versterk.