EU begin onderhandel vir Oekraïne, Moldawië se aansluiting

Die Europese Unie het formeel met onderhandelings met Oekraïne en Moldawië begin wat die brose voormalige lede van die Sowjetblok op koers plaas om lidmaatskap te verkry wat Rusland teenstaan. Hierdie geskiedkundige stap is in die eerste plek ‘n mosie van vertroue in die toekoms van Oekraïne aangesien Moskou in beheer is op die slagveld, bykans twee-en-‘n-half jaar na die Kremlin se inval. Volgens die president van Oekraïne, Volodomyr Zelensky, was dit “waarlik geskiedkundig” toe die 27 lidlande van die EU verlede week besluit het om die onderhandelings te begin.