EU amper heel onafhanklik van Russiese olie, gas

Die Europese Kommissie sê hy sal voortgaan om kragtige politieke, finansiële en humanitêre steun aan Oekraïne te bied. Hy sal ook voortgaan om streng sanksies in te stel teen Rusland en ander wat meedoen aan die oorlog. Die kommissie het ongekende sanksies teen Moskou ingestel. Dit sluit doelgerigte beperkende maatreëls, ekonomiese sanksies en visumriglyne in. Die kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê Europa het ‘n ernstige besluit geneem om Russiese fossielbrandstof te vervang en pryse af te bring: