Etzebeth sê negende oorwinning was taai

Die Springbokke het Skotland op Murrayfield met 32-15 verslaan in hul negende agtereenvolgende sege oor die gasheer. Makazole Mapimpi het twee drieë in die eerste helfte gedruk, met Thomas du Toit wat ‘n derde bygevoeg het en Jasper Wiese ‘n laat vierde. Skotland is beperk tot die 15 punte van Finn Russell se skopskoen. Dié oorwinning plaas die Bokke weer boaan die wêreldranglys. Kaptein Eben Etzebeth sê die wedstryd was taai: