Etzebeth rassisme-saak uitgestel

‘n Neef van die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth is op waarskuwing vrygelaat in die Hopefield-landdroshof in die Wes-Kaap. Hy word aangekla van aanranding tydens ‘n beweerde rassistiese voorval in 2019. Die 32-jarige Emile Etzebeth word gekoppel aan ‘n bakleiery in ‘n kroeg in Langebaan waar Enver Wilsenach en Siyaad Smith na bewering aangerand en neerhalende rassistiese name genoem is. Na afloop van die voorval het SA Rugby vir Eben Etzebeth onskuldig bevind aan betrokkenheid by die voorval. Die saak is tot 14 Mei uitgestel.