Etzebeth doen dit weer!

Die Springbok-slot Eben Etzebeth is aangewys as 2023-manspeler van die Jaar by die SA Rugby-toekennings in Johannesburg. Hy is slegs die tweede speler wat daarin kon slaag om dié toekenning agtereenvolgens in te palm. Die Bok-vleuel Canan Moodie is vir die tweede agtereenvolgende jaar as Jong Speler van die Jaar bekroon. Libbie Janse van Rensburg het met die Springbok-vroue- en Provinsiale Speler van die Jaar-toekennings weggestap. Ricardo Duarttee het die Springbok-mans-sewesspeler van die Jaar gewen, en die voormalige Bok-afrigter Jacques Nienaber is die Afrigter van die Jaar.