Etiese leierskap is nodig in aanloop tot die verkiesing

Rise Mzansi het ‘n beroep gedoen vir etiese en sorgsame leierskap tydens die komende verkiesing. Die party moedig alle kwalifiserende burgers, veral die jeug, aan om te registreer en hul besonderhede op datum te kry tydens die Onafhanklike Verkiesingskommissie se finale registrasienaweek. Die party se vrywilligers sal aktief betrokke wees by bedrywighede regoor die land om die proses te vergemaklik. Rise Mzansi se hooforganiseerder, Makashule Gana, moedig burgers wat oor die naweek weg is aan om die OVK se aanlyn kiesersportaal te gebruik: