Ethiopiese bank kry meeste van sy geld terug na stelselfout

Ethiopië se grootste bank sê hy het byna 80 persent van die kontant teruggekry wat hy verloor het tydens wat hy sê ‘n fout op sy stelsel was. Dit het kliënte toegelaat het om meer geld te onttrek as wat hulle in hul rekeninge gehad het. Abe Sano, president van die Commercial Bank of Ethiopia, sê dat sowat 14 miljoen Amerikaanse dollar tydens die fout onttrek. Byna 15 000 mense het vrywillig fondse teruggegee met 567 individue wat nog nie geld teruggegee het nie. Die insident het op 16 Maart gebeur.