Ethiopië-ramp: Dodetal styg tot 229
Die dodetal van twee grondverskuiwings in die suide van Ethiopië het tot 229 gestyg en kan verder styg, namate die soektog na oorlewendes en ongevalle vir ‘n tweede dag voortduur. Na swaar reën het ‘n grondstorting Sondagaand mense in die Gofa-sone begrawe. ‘n Tweede een Maandagoggend het mense verswelg wat besig was om te help. Beeldmateriaal wat deur die plaaslike administrasie gedeel is, wys hoe mense lyke met grawe en kaal hande opgrawe. Eerste Minister Abiy Ahmed sê hy is diep hartseer oor die verskriklike lewensverlies, en dat federale amptenare ontplooi is om die impak van die ramp te verminder.