Ethiopië: Dodetal kan vedubbel tot 500
Die dodetal weens grondverskuiwings in Ethiopië vroeër hierdie week kan tot 500 styg volgens die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Aangeleenthede. Swaar reën het Sondagaand ‘n grondverskuiwing veroorsaak wat mense in Gofa in suidelike Ethiopië begrawe het en ‘n tweede een Maandag het diegene wat by reddingspogings betrokke was, verswelg. Dagmawi Ayele, ‘n administrateur in die gebied sê tot dusver is 226 lyke gevind. Reën duur voort en die gebied is volgens hom uiters gevaarlik.