Ethiopië-bakleiery neem toe

Die Amerikaanse Spesiale Gesant vir die Horing van Afrika, Jeffrey Feltman, waarsku die toenemende gevegte in Ethiopië ry dalk enige onderhandelinge vir ‘n skietstilstand in die wiele. Duisende mense is dood sedert die gevegte in November verlede jaar in die noorde van die land uitgebreek en tot ‘n groot humanitêre krisis gelei het. Feltman sê die mikpunt is om diplomasie as die enigste oplossing vir die onderliggende oorsake van die konflik te ondersteun. Hy sê die volgehoue moontlikheid van ‘n oorlog laat Afrika se naas-digsbevolkte land se sekuriteit en stabiliteit ontrafel.