eThekwini sal nie wetteloosheid onder sy werkers duld nie
Die eThekwini-munisipaliteit het wetstoepassingsowerhede gevra om geen wetteloosheid óf misdaad te duld met onwettige stakings nie. Dit volg na ‘n ongemagtigde optog deur sowat 500 lede van die metro se arbeidsmag van 27 000. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê die staking deur lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkers-unie is onwettig: