eThekwini ontken oorbesteding op straatligte

Die eThekwini-munisipaliteit sê berigte waarin beweer word dat die metro 579 miljoen Suid-Afrikaanse rand opgedok het vir straatligte wat in werklikheid 91 miljoen rand gekos het, is nie feitelik korrek nie. Volgens die berig toon dokumente dat die munisipaliteit tussen November 2019 en Januarie 2020 altesaam 579 miljoen rand aan 18 maatskappye betaal het om straatligte regoor die stad te herstel en in stand te hou. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, sê hulle erken dat daar oorbesteding was, maar hulle het ‘n onafhanklike ondersoek ingestel toe dit aan die lig gekom het: