eThekwini loop deur oor tariefverhogings

Die DA in KwaZulu-Natal sê dit raak toenemend duidelik dat die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, verwyder is van die behoeftes en werklikheid van die inwoners wat steeds sonder dienste moet klaarkom. Die burgemeester het in die huidige boekjaar ‘n elektrisiteitverhoging van 21,9 persent vir sakeondernemings en huishoudings voorgestel. Thabani Mthwethwa van die DA, sê hoewel ‘n styging onafwendbaar is, kon die buitensporige styging voorkom gewees het indien die stad die party se raad gevolg het om skuldinvordering te vergemaklik, asook die ouditeur-generaal se aanbevelings oor die hantering van onregmatige besteding: