Eswatini-polisie glo betrokke by verdwyning van man

Die Kommunisteparty van Swaziland sê die polisie in Eswatini is vermoedelik betrokke by die verdwyning van een van sy lede, Mvuselelo Mkhabela. Die 21-jarige is tydens protesoptrede teen Koning Mswati se regering geskiet. Die party se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê hulle is agterdogtig oor polisielede se besoek aan Mkhabela se familie om navraag te doen oor waar hy hom bevind na hy uit ‘n hospitaal verdwyn het.