eSwatini-hof weier LGBTQ-groep se aansoek om erkenning
Die hooggeregshof in eSwatini, Afrika se laaste monargie waar homoseksualiteit steeds verbied word, het ‘n aansoek om erkenning van die land se voorste LGBTQ-regtegroep van die hand gewys. Sisanda Mavimbela, die uitvoerende direkteur van eSwatini Gender Minorities sê die hof het beslis dat die groep voortdurend seks aan die publiek wil verkoop, wat bog is. Die groep het ten doel om LGBTQ-gemeenskap te beskerm en te bevorder.