Esta TerBlanche, of Bienkie, sterf in Los Angeles
Die aktrise Esta TerBlanche, wat in die 1990’s gewild was as Bienkie Naude in die TV-reeks Egoli, is in Los Angeles dood aangetref. Sy was 51 jaar oud. Haar lyk is glo in haar huis ontdek nadat werkers haar nie kon bereik nie. Volgens haar broer, Leon, was sy nie siek nie en ‘n lykskouing sal gehou word om die oorsaak van dood vas te stel. Die polisie vermoed ook nie selfmoord of ‘n misdaad nie. Terblanche het Suid-Afrika vir Amerika verlaat in 1995 en het in New York die rol van prinses Gillian Andrassy in die gewilde sepie “All My Children” losgeslaan.