Esser Shilimela dagvaar NamRA vir bevriesing van haar bankrekenings

Die vrou van die noordelike sakeman Banda Shilimela, Esser, dagvaar NamRA in ‘n dringende aansoek voor die hof vandag. Sy eis dat die bevriesing van vier van haar rekenings by FNB onmiddellik omgekeer word. Fondse is volgens haar ook uit die rekenings onttrek wat sy ook terugeis. Die rekenings is in haar naam, haar maatskappy Essie’s Trading se naam sowel as Shilimela Construction en Shilimela Security. Sy sê Essie’s Trading is net gevries maar net meer as 14 500 Namibiese dollar is uit die ander rekenings onttrek. Sy eis die redes vir die bevriesing en onttrekking. In haar stukke sê sy dat NamRA haar 100 000 dollar in terugbetalings skuld al was sy agterstallig met haar betalings. Sy voer aan sy het aansoek gedoen onder die agentskap se amnestie-program. Regter Collins Parker hoor die saak aan.