Eskom wek beter op maar, sabotasie en ander uitdagings duur voort
Eskom se groep-uitvoerende bestuurder vir Opwekking, Bheki Nxumalo, sê hoewel daar ‘n verbetering was in opwekkings-vermoë, het die maatskappy steeds te kampe met uitdagings, wat voorvalle van sabotasie insluit. Hy het beklemtoon sy eenheid is toegespits op die instelling van strategiese planne wat gemik is op die vermindering van beurtkrag. Nxumalo sê die doelwit is om bestendigheid te skep en uitdagings te beheer. Hy sê die land se energiebeskikbaarheids-faktor het met sewe-persent verbeter tot 59,8 persent: