Eskom weerlê berigte oor oormatige gebruik van diesel
Eskom het bespiegeling verwerp dat hy oormatig van oopsiklus-gasturbines gebruik maak om beurtkrag te verhoed, wat die afgelope 44 dae nie ingestel is nie. Hy sê die voortgesette opskorting is danksy voldoende opwekkingsvermoë weens ‘n betroubaarder opwekkingsvloot. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragnutsmaatskappy se dieselbegroting van April tot Junie is 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand en teen die negende van dié maand was slegs 19,7-persent daarvan bestee.