Eskom waarsku oor oorlading van die stelsel

Eskom sê namate die winter-elektrisiteitsvraag styg het die oorlading van die netwerk weer kop uitgesteek weens kragdiefstal. Die woordvoerder, Daphne Makoena, sê die misdadige aktiwiteite is ondermeer onwettige konneksies, diefstal van netwerktoerusting, vandalisme, die omleiding van meters, peuter met kragverbindings, die ongemagtigde bedryf van netwerke, en die aankoop van krag by onwettige verkopers. Mokwena doen ‘n beroep op klante om hulle verbruik te verminder: