Eskom-voorsitter sê beurtkrag sal nog twee jaar duur

Die voorsitter van Eskom, Mpho Makwana, sê Suid-Afrika kan vir minstens twee jaar nog tot ‘n mate aan fase twee- en drie-beurtkrag onderwerp word. Hy het gister die jongste besonderhede bekend gemaak oor die kragvoorsiener se stelseluitdagings. Makwana sê hulle werk egter dringend daaraan om die beperkings ten opsigte van opwekkingskapasiteit op te los, en beurtkrag so gou moontlik te verminder:

Intussen sê Makwana die probleme wat die prestasie van die steenkoolgedrewe opwekkingseenhede beïnvloed, sal langer duur om op te los as wat die land wil hê of nodig het. Hy sê Eskom het die dienste van ‘n onafhanklike kontrakteur verkry om toesig te hou oor die herstel van sy steenkoolvloot: