Eskom-voorsitter braak gal oor korrupsie
Die voorsitter van Eskom se raad, Mpho Makwana, sê korrupsie by die kragvoorsiener ondermyn waardeskepping en is die vyand van vooruitgang. Hy het op ‘n nuuskonferensie in Megawattpark, Johannesburg, gesê korrupsie moet heeltemal uitgeroei word sodat dit nie prestasieverbetering belemmer nie. Makwana sê hulle werk saam met die Spesiale Ondersoekeenheid en die polisie om sake van korrupsie aan te pak. Hy sê verskeie mense is reeds in hegtenis geneem en vervolg, en beskuldigdes ry aan die pen: