Eskom vier langste ligte aan in vyf jaar
Eskom vier sy langste ononderbroke kraagvoorsiening in vyf jaar, met beurtkrag wat sedert Maart 2024 vir 240 agtereenvolgende dae opgeskort is. Die prestasie het ekonomiese groei en energiesekerheid aangevuur. Die kragverskaffer het ook jaar-tot-jaar 16,33-miljard-rand se dieselbesparings bereik, wat ‘n 71-persent daling in koste is. Eskom sê in ‘n verklaring onbeplande onderbrekings het aansienlik gedaal, en die energiebeskikbaarheidsfaktor het verbeter tot 64,5-persent. Hy ontmoedig onwettige verbindings om netwerkoorlading te keer.