Eskom: Verskillende beurtkrag-fases ingestel

Eskom het die instelling van verskeie fases beurtkrag vanaf namiddag aangekondig nadat kragonderbrekings vanoggend opgeskort is. Die woordvoerder, Daphne Mokoena, sê dit was moontlik weens ‘n verbeterde opwekkingstelsel en die volle herstel van nood-opwekkingsreserwes. Sy sê die patroon van verskillende fases sal tot verdere kennisgewing voortduur.