Eskom verlaag beurtkrag vanmiddag tot Fase 2
Eskom het beurtkrag tot Fase 2 tot vieruur vanmiddag verlaag. Fase 3 tree dan tot tienuur vanaand in werking. ‘n Opwekkingseenheid by die Arnot, Hendrina en Tutuka-kragstsies en twee by Lethabo is weer in bedryf gestel. ‘n Opwekkingseenheid elk by die Duvha en Camden-kragstasies is egter vir herstelwerk uit bedryf gestel. Die kragverskaffer se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, doen ‘n beroep op almal om krag steeds spaarsamig te gebruik.