Eskom stel weer fase-twee beurtkrag in
Eskom gaan tot verdere kennisgewing voort met die instel van fase twee-beurtkrag, ten spyte daarvan dat vyf opwekkingseenhede gedurende die afgelope 36 uur weer aangeskakel is. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die behoefte om die noodreserwes aan te vul en te stabiliseer, ter voorbereiding van die elektrisiteitsaanvraag op weeksdae, asook die geringe verswakking in beskikbare opwekkingskapasiteit, noodsaak die voortsetting van beurtkrag. Sy sê hulle gaan voort om die stelsel noukeurig te monitor.