Eskom spreek weer kommer uit oor onwettige verbindings

Eskom doen ‘n dringende beroep op klante om onwettige verbindings te vermy ten einde openbare veiligheidsgevare en die risiko van netwerk-oorlading te voorkom, wat kan lei tot ladings-verminderingsmaatreëls en uitgebreide onbeplande kragonderbrekings. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hoewel die kragvoorsiener nou reeds amper 140 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag was, is hy steeds bekommerd oor onwettige elektrisiteitsverbindings, diefstal en vandalisme van noodsaaklike infrastruktuur: