Eskom se beurtkrag is SA se nuusmaker van 2022

Die Nasionale Persklub in die buurland het Eskom en beurtkrag as die 2022-Nuusmaker van die Jaar aangewys. Die jaarlikse toekenning oorweeg die hoeveelheid mediadekking wat ‘n onderwerp kry en die impak daarvan. Die klub-voorsitter, Antoinette Slabbert, sê die nuusmaker-toekenning is nie ‘n lofprysing of kritiek nie. Die benoeming volg na die eskalering van beurtkrag na Fase 6. Slabbert sê die besluit was maklik, want die land ondervind kragonderbrekings wat die lewensbestaan van talle Suid-Afrikaners bedreig en talle sakeondernemings in duie laat stort het.