Eskom ontsluit netwerkkapasiteit vir windprojekte

Eskom het die langverwagte beperkingsbylaag by sy jongste assessering oor opwekking-verbindingsvermoë gepubliseer. Dis ʼn belangrike stap om broodnodige netwerkkapasiteit vir windprojekte in die Wes-en Oos-Kaap beskikbaar te stel. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het die bylaag goedgekeur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê voor die bylaag was daar geen oorblywende netwerkkapasiteit in dié twee provinsies nie.